Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Berigte dat plaaslike owerhede skynbaar toenemend nie meer in staat is of dit kan bekostig om belangrike munisipale dienste te lewer nie, is vinnig besig om alledaags te word. Rustenburg Herald het vroeg verlede jaar die oë wyd laat rek met 'n berig dat inwoners van 'n sekere uitbreiding self moes opdok vir die aankoop van onderdele (klampe) toe 'n waterpyp in die wyk gebars het en inwoners vir etlike ure sonder water moes sit. 
Inwoners van Boshoffstraat in Rustenburg (weswaarts van Pres Thabo Mbeki-laan) het verlede Donderdag presies dieselfde oorgekom nadat vandale 'n elektriese meterkas in die buurt gevandaliseer het en die elektriese skakelaars/stroombrekers (circuit breakers) uit die meterkas gesteel het.

Inwoners van die straat met wie Rustenburg Herald gepraat het, is nou nog erg ontstoke omdat dit blykaar die hoeveelste keer is dat die Rustenburg Munisipaliteit nie die nodige onderdele in die munisipale store gehad het nie en nie dienslewering waarop hy graag aanspraak maak, kon lewer nie. 
Vandale en diewe het verlede Woensdagnag op dié gedeelte van Boshoffstraat toegeslaan. Twee elektriese meterkaste - een in Thabo Mbeki-rylaan en 'n tweede kas in Boshoffstraat is deur vandale geteiken en beide kaste is van alle bruikbare elektriese toerusting gestroop. Inwoners in Boshoffstraat het vroeg Donderdagoggend besef dat daar nie krag is nie en die voorval aan die munisipaliteit gerapporteer, wat in die omgewing van 13:00 opgedaag het. Daar is gevind dat die twee meterkaste gestroop en al die skakeltoerusting verwyder is. Op die vooraand van 'n naweek was inwoners se dankbaarheid oor die vinnige diagnose egter van korte duur toe hulle moes hoor dat die munisipaliteit nie die nodige onderdele in sy store gehad het nie. 
Daar moes inderhaas plan gemaak word en inwoners moes noodgedwonge toe maar self in hul agtersakke na die beursies vroetel en daarna iemand "afvaardig" om die nodige onderdele by 'n vooraanstaande handelaar in elektriese toerusting te gaan aankoop. Inwoners het geesdriftig die faktuur aan Rustenburg Herald getoon en vertel dat die koste vir die vyf stuks stroombrekers maar slegs R2 300 beloop het wat onmiddellik die vraag by 'n mens laat opkom het hoekom op aarde die munisipaliteit nie hierdie broodnodige en alledaagse stukkies onderdele op sy rakke gehad het nie. 
Nietemin - 'n munisipale werkspan het vinnig opgedaag toe hulle 'n tweede keer gebel is met die nuus dat die stroombrekers uiteindelik beskikbaar is en het die nodige herstelwerk afgehandel. Vroeg verlede jaar moes inwoners van 'n Rustenburgse wyk klampe vir die herstel en las van munisipale waterpype teen 'n koste van R10 000 stuk by Obaro in Rustenburg betaal omdat die munisipaliteit geen voorraad in sy store gehad het nie.