Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die AfriForum-tak in Rustenburg het aan die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit se openbare deelnameproses vir sy geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) deelgeneem en ernstig beswaar aangeteken teen verskeie diensleweringskwessies. 
Ingevolge artikel 152 van die Grondwet het AfriForum nie net skriftelike insette gelewer nie, maar die dokument ook persoonlik aan die munisipale bestuurder se sekretaris oorhandig.

“Met waterverliese van meer as 51% en ’n skuldinvorderingskoers van slegs 3%, is dit duidelik dat die munisipaliteit nie in staat is om sy basiese funksies doeltreffend uit te voer nie,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
AfriForum se insette op die GOP beklemtoon verskeie dringende kwessies, waar onder die munisipaliteit se onvermoë om die elektriese infrastruktuur te onderhou, wat gelei het tot gereelde kragonderbrekings. AfriForum het reeds hofstukke aan die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) beteken om dié kwessie op te los en die munisipaliteit tot verantwoording te roep.
Aangesien meer as 51% van die munisipaliteit se water verlore gaan weens lekkasies, verouderde infrastruktuur en onwettige verbindings, is daar ook ’n dringende behoefte aan opgraderings, veral in gebiede soos Zinniaville, Oos-Einde, Rustenburg-Noord en Cashan.
“AfriForum sal aanhou druk dat owerhede die nodige regstellings, opgraderings en instandhouding doen om inwoners se le-wensgehalte te verbeter. Hierdie prosesse behoort nie bloot simbolies te wees nie – daar moet daadwerklike verandering volg,” sluit Viljoen af.