Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Die ou Rustenburg Begraafplaas is deur die loop van Augustus en September vanjaar deur die AfriForumtak in Rustenburg skoongemaak en versorg. 
Vyf stortbakke vol tuinafval is verwyder, die tak het ook onkruiddoder gespuit om te verhoed dat onkruid oor die grafte groei.
“’n Begraafplaas moet in stand gehou word sodat mense met geruste harte die grafte van hul geliefdes kan besoek.

Wanneer die onkruid, gras en bosse handuit ruk raak dit moeilik om die grafte te identifiseer en raak dit ook ’n skuilplek vir boosdoeners. Al is daar nog baie werk wat hier vir ons voorlê, is ons dankbaar dat ons ’n verskil kan maak,” sê Jan van Zyl, omgewingsakebeampte by die Rustenburg-tak. 
Die Rustenburgtak nooi die gemeenskap uit om saam te werk om hierdie belangrike areas skoon en netjies te hou. “Die tak nooi belangstellendes uit om deel te wees van hierdie belangrike inisiatief. Saam kan ons ’n positiewe impak op ons gemeenskap maak. Die gemeenskap se deelname en samewerking is onontbeerlik om hierdie doel te bereik,” sê Armand Viljoen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.
Kontak Dawie Conradie by 082 930 9905 om betrokke te raak. Die tak bedank graag Crazy Skips wat ’n stortbak beskikbaar gestel het vir hierdie aksie.