Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Rustenburg Herald fokus vandeesweek op uiters druk verkeerstoestande op die stad se besigte roetes tydens vroegoggend- en laatmiddag-spitstye. Klagtes oor die berugte en ongewilde Helen Joseph-brug oor die N4 in ‘n suidelike rigting na die BP vulstasie en prominente inkoopsentrums in die gebied, is die afgelope paar jaar reeds niks nuuts nie. Roetes wat motoriste feitlik elke dag die harnas in jaag en waar voorvalle van padwoede toenemend in die stad voorkom, is die berugte Bovenstraat/Beyers Naudé-rylaan, Kloofweg en die Helen Joseph-brug wat volgens Rustenburgse motoriste weens ‘n ontwerpflater ‘n verkeersnagmerrie geword het. 

Rustenburg Herald het die afgelope week foto’s van die besigste verkeersroetes geneem en ook die hulp van ‘n hommeltuigfotograaf - Melinda van der Walt van RPAS Consulting ingeroep wat ons gehelp het met lugfoto’s van die mees kritieke areas. Aan die hand van hierdie foto’s en die hoeveelheid klagtes wat oor bogenoemde probleemareas instroom, is dit duidelik dat Rustenburg se owerhede die hulp van kundige stadsbeplanners sal moet inroep om ‘n groeiende Rustenburg se toenemende aantal verkeersopeenhopings aan te spreek. Motoriste wat ‘n sterk mening oor hierdie en ander verkeersuitdagings in en om ons stad het, word genooi om skriftelike kommentaar te stuur aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.