Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG - HERALD - RUSTENBURG - In ‘n gesamentlike operasie deur verskeie eenhede van die polisie se Ernstige Geweld en Kriminele Ondersoekeenheid in die Noordwes-provinsie is talle vermeende veediewe aangekeer terwyl groot getalle vermoedelik gesteelde vee asook gesteelde voertuie deur die polisie teruggevind is. 
Dié operasie wat tussen 14 en 16 Februarie regdeur die Noordwes-provinsie plaasgevind het, was gemik op die voorkoming van veediefstal, voertuigdiefstal, voertuigkaping en voorvalle van moord waarin mense deur middel van teregstellings en op ander wyses vermoor is. 

Nie minder nie as 14 mans tussen die ouderdomme van 26 en 56 is deur die polisie gearresteer. Dertien van hierdie gevalle was in verband met veediefstal terwyl een man in verband met voertuigdiefstal gearresteer is. Tydens die operasie is 35 stuks lewendehawe waaronder 21 beeste en 13 stuks kleinvee met ‘n gesamentlike waarde van R326 000 deur die polisie gekonfiskeer. 
Daar is ook op sewe verskillende tipes voertuie en twee sleepwaens teen ‘n gesamentlike waarde van R3 353 000 beslag gelê. 
Die operasie het ook gelei tot die uitreiking van 85 boetes met ‘n totaal van R16 800 weens oortredings van die Diere-identifikasiewet (2002) en die Vleisveiligheidswet (2000). Tydens die operasie het verskeie polisie-eenhede 42 krale, vyf plase en vyf veilingsmaatskappye besoek waar die besonderhede van 60 bokke en 155 beeste nagegaan is. Die polisie-eenhede se ondersoek het ook ‘n bekende “chop shop”, twee skrootwerwe, twee privaat werktuigkundiges en ‘n paneelklopper ingesluit. Nie minder nie as 24 navrae is in verband met die besoeke geregistreer. 
As deel van die betrokkenheid van gemeens­kaps­lede en veral veedief­stalsake, is drie gemeenskaps­bewust­heids­byeenkomste in Reivilo, Mahikeng and Stilfontein gehou. 
Die provinsiale kommissaris, lt-genl Sello Kwena het lede van die polisie vir hul toewyding en paraatheid bedank ten einde te verseker dat misdadigers en diewe aangekeer word en dat gesteelde vee asook voertuie deur die polisie teruggevind kon word.