Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - TWICKENHAM - Suid-Afrikaanse rugbygeesdriftiges (en wie is nou nie na die afgelope naweek se skouspel 'n geesdriftige nie?) het verlede naweek met groot lekkerkry gesien hoe die Springbokke vir die tweede keer in die huidige Rugbykampioenskapsreeks 'n wegholoorwinning oor van sy sterkste teenstanders behaal toe die Bokke die verwoede Pumas van Argentinië met 'n wegholtelling van 67 - 30 oorrompel het. 

Daar is nie 'n enkele rugby-ondersteuner wat nie handewroegend die lippe in afwagting aflek om te sien of die Bokke dit eerskomende naweek vir 'n tweede keer agtereenvolgens teen die Argentyne kan vermag nie. 
Sowat vier weke gelede het die Bokke sy ondersteuners (en opponente) vir die eerste keer in die huidige reeks laat regop sit toe hulle die toernooigunstelinge - Nieu-Seeland - met 'n telling van 43 - 10 die grootste drag slae in hul geskiedenis toegedien het - en dit boonop in Wellington, Nieu-Seeland. 
Eerskomende Saterdag se kragmeting sal egter nie in Suid-Afrika en wel Kings Park in Durban plaasvind nie, maar op die Engelse "rugbyhoofstad" Twickenham - wat tradisioneel ook nie 'n slegte "slagveld" (lees jagveld) vir die Bokke is nie - die Bokke het in die verlede talle onvergeetlike oorwinnings op Twickenham behaal en daar word heimlik gehoop dat komende Saterdag nie 'n uitsondering sal wees nie. Saterdag se wedstryd begin om 15:00 - hopelik hierdie keer sonder die Australiese skeidsregter Angus Gardner wat die Bokke verlede naweek geen gunste gedoen het nie. Daar is aan die einde van die eerste helfte tong-in-die-kies geskerts dat mnr Gardner dalk 'n goeie aanspraakmaker op die titel as "Speler van die Wedstryd" mag wees...