Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Rekord, Stilfontein - Meer as 2100 huishoudings op Stilfontein het ‘n petisie onderteken oor die verval van infrastruktuur en talle ander diensleweringskwessies wat verlede week aan Matlosana se burgemeester oorhandig is.

Die VF Plus se provinsiale leier, Michal Groenewald, self ‘n inwoner van Stilfontein, het die petisie oorhandig as deel van die wetlik voorgeskrewe openbare deelnameproses oor die opstel van ‘n begroting vir die komende finansiële jaar. Dit is onderteken deur 2127 huishoudings in Stilfontein. 

 

 

 

 

Volgens rdl Pieter du Preez (VF Plus) onderskei dit hierdie petisie van die gewone klagskrifte en data-insamelingsgeskrifte wat partye en belangegroepe van tyd tot tyd aan die plaaslike owerhede oorhandig.

Hy het gesê die burgemeester het hierdie aspek beklemtoon en onderneem dat die inhoud deeglik in ag geneem sal word in die prioritisering van begrotingsitems in die nuwe begroting. 

Die VF Plus eis in die petisie dat die herstel van straat- en padinfrastruktuur en die verval van riool- en stormwaterinfrastruktuur dringend gedoen moet word. Sommige strate het in só ‘n mate verval dat dit heeltemal oorgebou moet word. Die oorvloei van riool in die strate kom ook gereeld voor. Die verstopping van die stormwaterstelsels het selfs daartoe gelei dat die aangrensende N12-hoofweg oorspoel en swaar verkeer deur die dorp herlei moes word. 

Verdere eise is dat daar dringend aandag gegee moet word aan die skoonmaak van toegegroeide oop ruimtes wat ‘n veiligheidsrisiko vir inwoners inhou, en dat straatligte dringend vervang moet word om inwoners se veiligheid snags te verbeter.