Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

8 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Duiweveiling blyk een van die beste maniere te wees om geld in te samel - veral na die groot sukses van verlede week se veiling by Hoërskool Wesvalia. 

Die skool het saam met die Westelike Posduifunie so ‘n veiling op Donderdag 31 Julie aangebied om fondse in te samel vir ‘n astro hokkiebaan wat in beplanning is. ‘n Honderd duiwe is by die geleentheid opgeveil en groot pryse was op die spel vir die wenduiwe. Francois Lotter het die meeste vir ‘n duif betaal: R7 200! Sy duif het tweede in die wedvlug geëindig en hy het ‘n bewerkte halwe bees ter waarde van R10 000 gewen.

Friedrich Kasselman se duif het die wedvlug gewen en hy wen die vakansiepakket by Umhlanga Sands ter waarde van R20 000 wat op die spel was.

Van die ander pryse wat gewen kon word, is onder meer twee verwerkte volstruise, versamelaarswyn, ‘n laserdrukker, ‘n fiets en handgemaakte knipmes.

R150 000 is ingesamel wat gebruik sal word vir toerusting, afrigting, Astro-tyd en die ontwikkeling van Wesvalia se eie Astro-hokkieveld asook die skool se vyftigjaar-feesvieringe. ‘n Sukses inderdaad.