Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

15 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - Die eerste konsepregulasies ingevolge die gewysigde Suid-Afrikaanse Skolewet is gepubliseer en dit dra Fedsas se goedkeuring weg.

Fedsas is die nasionale verteenwoordigende organisasie vir beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole en het ’n sleutel rol gespeel in die opstel van die konsepregulasies. Fedsas sal weer gestruktureerde en gedetailleerde insette lewer sodra die dokumente deur die staat se regsadviseurs gefinaliseer is.

Die eerste twee stelle konsepregulasies het betrekking op leerlingtoelating en die bepaling van ’n openbare skool se kapasiteit. Hoewel daar reeds vir baie jare nasionale beleid oor toelating bestaan, is dit die eerste keer dat hierdie beleid in bindende regulasies omskep word.

Volgens dr Jaco Deacon, uitvoerende hoof, is hulle veral bemoedig deur die konsepregulasies oor kapasiteit - om te bepaal wanneer ’n skool as vol beskou moet word. “Vir jare reeds word besluite by die skoolhek geneem onder druk, soms emosioneel en dikwels inkonsekwent. Hierdie regulasies bring helderheid, deursigtigheid en regverdigheid na ’n proses wat te dikwels tot konflik gelei het,” sê hy.

Hy sê dit is ’n betekenisvolle stap om leerlinge se regte te beskerm en vertroue in die toelatingsproses te herstel. “Fedsas het deur die jare volgehoue voorleggings en aanbiedings aan die Nasionale Departement van Basiese Onderwys gedoen oor die behoefte aan duidelike kapasiteitskriteria. 
Hierdie regulasies is dus ’n belangrike terugvoer op jare se werk en betrokkenheid. Die konsepregulasies plaas ook ’n groot verantwoordelikheid op skoolbeheerliggame om die kriteria regverdig en toepaslik op skoolvlak toe te pas, terwyl dit hulle terselfdertyd bemagtig om hulpbronne beter te bestuur.

"Lidskole het reeds lank kapasiteitsbepalings in hul toelatingsbeleid geïntegreer, en verwelkom dat hierdie goeie praktyke nou op nasionale vlak erken word.

“Fedsas doen ’n beroep op alle skoolbeheerliggame en die breër Suid-Afrikaanse gemeenskap om van die huidige 30-dae-tydperk vir openbare kommentaar gebruik te maak om die voorgestelde regulasies deeglik te bestudeer en daarop te reageer en soos tydens die BELA-proses sal Fedsas weer leiding en praktiese ondersteuning bied om lede by te staan met insette.”