Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

15 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Klerksdorp - ‘n Klerksdorper maak volgende jaar haar buiging as dirigent in New York.

Charlotte Botha is uitgenooi om as gas dirigent op te tree in die elite Carnegie Hall in New York.  

Klerksdorp Rekord het haar gekontak en sy beskryf dit as ‘n geweldige eer om in die luisterryke saal op te tree. Sy was in 1998 in matriek by Hoërskool Wesvalia.

 

 

Charlotte was al by verskeie Amerikaanse universiteite betrokke en was ook ‘n onderwyser en dirigent by die Drakenbergse Seunskoor. Sy is tans die direkteur: kooraangeleenthede by Hamilton College in Clinton, New York. 

Sinhaeng Lee is ook genooi. Hy is die direkteur: koorprogramme by die Colgate Universiteit in Hamilton, New York. Hulle sal in Maart volgende jaar die The New England Symphonic Ensemble dirigeer tydens werke van Brahms (Schicksalslied, Op 54) en Mendelssohn (Hear my prayer).

Haar bande met Klerksdorp is steeds sterk, want haar ouers bly hier.