Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

8 Augustus 2025

Klerksdorp Rekord, Hartbeesfontein - Die orrel-uitvoering die afgelope naweek deur Winand Grundling was ‘n belewenis vir almal teenwoordig.

Die NG Kerk Hartebeestfontein saam met die plaaslike ATKV-tak het weer vanjaar ‘n suksesvolle orreluitvoering op Sondag 3 Augustus op die kerk se pyporrel aangebied na verlede jaar se sukses. 

 

Dié gerestoureerde pyporrel is een van die min Barok-pyporrels in die suidelike halfrond en die klank wat hy na vore bring is onbeskyflik. Grundling het dit reggekry om die beste uit die orrel te haal en het die gehoor in vervoe-ring gehad met sy vertolkings van klassieke en ook meer kontemporêre werke. 

Hy is orrelis van die NG Gemeente Stellenbosch-Welgelegen en begeleier van verskeie kore en Suid-Afrikaanse kunstenaars. 

Hy het gedurende sy loopbaan verskeie musiekbeurse en -kompetisies ingepalm, is deur nasionale en internasionale meesters onderrig en het al verskeie uitvoerings op nasionale en internasionale vlak gelewer. Dit was ‘n voorreg om hom op plaaslike bodem te sien optree.

Werner Hurter wat die instandhoudingswerk op die pyporrelwerk gedoen het, was ook teenwoordig en het aan die gaste gesê hy is dankbaar dat die orrel weer tot sy volle potensiaal benut kan word. 

Nog soortgelyke konserte word in die toekoms beplan.