Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEHEIME OP PHILADELPHIA
deur RIAAN GROBLER  |  Uitgegee deur Lapa Uitgewers (Luca)

Riaan Grobler se debuutroman Geheime op Philadelphia is net die regte medisyne vir wanneer dit begin voel of die nuwe jaar onder jou voortsnel, en jy wil net so bietjie ontsnap in ‘n wêreld waar daar ‘n goeie einde is.
Dit vertel die storie van Reghardt du Toit, ’n bekende sanger met die wêreld aan sy voete. Hy tree op al die groot verhoë op, maar ’n ernstige ongeluk verander sy lewe onherroeplik.

Reghardt gaan soek met ’n seer hart na ’n nuwe begin in die klein Wes-Kaapse dorpie van Philadelphia, waar niemand sal weet wie hy eens was nie. Hy maak ‘n boetiekrestaurant oop en namate hy sy voete vind, maak hy vriende en begin die dorpie en inwoners in sy hart inkruip. 

‘n Dokter met ‘n praktyk in die naburige Malmesbury trek ook met sy gesin en ‘n geheimsinnige au pair na Philadelphia. Die plaaslike dominee se dogter is ‘n internasionale model en haar pa se enigste kind. Sy weet presies wat sy in die lewe wil hê en spits haar daarop toe om Reghardt se hart te verower. ’n Skokkende tragedie bring ’n onverwagse wenteling in almal se lewe. Sal Reghardt genoeg liefde en vergifnis kan vind om die ontrafeling wat volg te weerstaan, of sal alles weer inmekaar tuimel?

- Riaan is ‘n bekende omroeper by PretoriaFM, sanger, akteur en TV-aanbieder. Hierdie boek is hopelik die eerste van vele.