Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

ENGELE IN KOSMOSLAAN 
deur ELSA WINCKLER  |  itgegee deur Lapa Uitgewers
 
Ons het uitgesien na die opvolg van Vroue van Kosmoslaan en dit is uiteindelik hier! Elsa Winckler skryf in Engele in Kosmoslaan verder oor die mense van Kosmoslaan in die inspirerende verhaal.
Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. 
Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.
Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het en nou skielik saboteur iemand hul eiendom.’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in.

Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe.
Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. 

Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo 
en Claire se skoot val.

Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier.

Marella voel deesdae nie haarself nie... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.

 Elsa Winckler is ’n bekende en geliefde skrywer van kontemporêre fiksie in Afrikaans en Engels. Sy is ook ’n bekroonde ATKV-Woordveertjie wenner. Elsa lees solank as wat sy kan onthou en haar groot liefde vir stories is waarom sy self verhale begin skryf het. Elsa is met haar studente-liefde getroud en woon in Bettysbaai waar die see voor hulle lê en ’n berg hoog agter hulle uittroon.