Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Engele het nie net vlerke nie, hulle bly tussen ons. Hailey van den Heever gee om vir die kinders van Dawkinsville. Sy hou in Desember ‘n Kerspartytjie vir sowat 120 kinders in ‘n parkie in die woonbuurt. Dit is slegs vir kinders jonger as 13 jaar oud. Volgens haar maak die mense van die buurt die terrein skoon en kry dit reg om die dag vir hul kinders spesiaal te kan maak.

“Die kinders is so dankbaar vir die klein geskenkpakkie wat hulle kry. Hulle word in baie slegte omstandighede groot en ek wil net ‘n bietjie hoop uitstraal aan elke kleintjie wat daar is. En ek is dankbaar vir elke persoon wat die projek jaarliks ondersteun,” sê sy.

Dit is die derde keer wat sy so ‘n partytjie hou en sy vra die gemeenskap se hulp. Hulle bied ‘n fondsinsameling aan met ‘n optrede van die Doef-Doef platejoggie Synth Peter op 27 Oktober by Oppiplot pub and grill. Die hekke maak om 18:00 oop. Dis R200 per kaartjie en R150 vir studente.

“Indien daar dalk iemand is wat by die projek wil betrokke raak of stalletjies wat sal wil uitstal is hulle meer as welkom om my te kontak by 082 826 1676.”