Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Omkring solank die datum vir die Klerksdorp Boekefees wat op 3 en 4 November gehou word.

Van ons land se topskrywers kom in Klerksdorp kuier en as jy ‘n liefde vir lees het, mag jy nie die boekefees mis nie.

Na drie uiters suksesvolle boekfeeste wat sedert 2020 by Shack to Sanctuary aangebied is, skuif die boekefees vanjaar na ‘n nuwe bestemming, want die fees bars uit sy nate. Verdant Kwekery in Ianstraat is ‘n gewilde bymekaarkom-plek met genoeg plek om te kuier, luister, lees, eet en drink.

Vanjaar kuier skrywers soos Marita van der Vyver, Dana Snyman, Madelein Rust en Alita Steenkamp onder andere saam om oor hul jongste topverkopers te gesels. Buiten vir al die stories en gesels, kan besoekers uitsien na ‘n heerlike dag onder die koeltebome by Verdant met kosstalletjies, ‘n kontantkroeg, en ‘n wynlandgoed of twee se stalletjies.

Die beste van alles is dat toegang tot die boekefees gratis is, behalwe vir die braai Vrydagaand waar Dana Snyman sy nuwe boek Die Binneland In bekendstel. Slegs 60 kaartjies teen R220 elk is beskikbaar en moet vooraf bespreek en betaal word. 

Stuur ‘n Whatsapp na Salomé Kotzé by 0798767616 om solank jou plek te bevestig. 

Die Saterdag het ‘n vol program wat tot 17:00 sal duur waarna ‘n aandmark met ligte musiek die boekefees sal afsluit. 

Hou die pers dop vir meer info.