Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Klerksdorp 7’s Festival het die afgelope naweek plaasgevind en die terrein van KHS het behoorlik gekook met 56 rugbyspanne, meer as veertig netbalspanne, hokkiespanne asook ‘n vermaakprogram wat tot laatnag aangegaan het. Volgens Raymond Vermeulen, organiseerder, was dit weereens ‘n reusesukses.

Die sportfees is nou al ‘n instelling op die stad se vermaakkalender en ‘n reuse inspuiting vir Klerksdorp se ekonomie. 
Die stad se gastehuise en eetplekke was gepak met al die deelnemers, families en ondersteuners wat moes slaapplek kry en eet. Die datums vir 2024 se 7’s is 27 en 28 September.