Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die padverkeersbestuur-agentskap se aanlyn-portaal vir voertuiglisensie hernuwings groei by die dag met byna 1,5 miljoen voertuigeienaars wat nou daarop geregistreer is.
Die aanlynstelsel om jou motorlisensie te hernu is in Februarie 2022 bekendgestel om motoriste tyd te spaar en doeltreffendheid in lisensiëring te verbeter. 

Transaksies op die portaal verloop seepglad en al hoe meer motoriste maak gebruik van die 
diens.

Deur die proses aanlyn te doen, kan jy dit in die veiligheid van jou huis of kantoor doen en die lisensie word binne drie tot vyf werksdae per koerier by enige adres in die land afgelewer.

Om die diens te gebruik, kan voertuig-eienaars met hul slimfoon, skootrekenaar of rekenaar registreer.
Gaan so te werk:
- Besoek natis.gov.za
- Klik op registreer
- Voer jou persoonlike besonderhede in soos versoek
- Klik op volgende en voer jou kontakbesonderhede in
- Dien in en voltooi registrasie.

Na registrasie sal jy ‘n e-pos en SMS ontvang wanneer die lisensie weer hernu moet word. Dit sal ‘n hernuwingsvorm vat wat jy ook aanlyn kan invul.