Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die eerste stalletjiemark by die Pick n Pay Hyper winkelsentrum vir die jaar word Saterdag 3 Februarie gehou.
‘n Nuwe aantrekkingskrag by die mark is ‘n kattebakverkoping waar mense van hul wit olifante ontslae kan raak. Al reel, volgens organiseerder Thinus van Staden is dat die verkopers slegs uit die kattebak kan verkoop. Geen gazebo’s of tafels word toegelaat nie. Verkopers kan wel ‘n sambreel opslaan vir bietjie skaduwee, maar alle verkope is streng uit die kattebak.

“So of dit klere, eetgoed, ornamente, kombuisware, of boeke is wat jy wil verkoop is jy welkom.’’

Die koste per kattebak stalletjie is R50 en besprekings is welkom. “Net sodat ons weet of jy wel gaan opdaag of nie, Betalings kan op die dag van die uitstalling geskied. Jy kan ook net opdaag, en ons sal jou kan akkommodeer.’’

Thinus voorspel dat die kattebakverkoping baie gewild sal raak en hoop dit is ‘n nuutjie wat meer mense na die stalletjiemark sal lok.

Skakel hom by 083 294 8077 vir meer info.