Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Sidney Gilroy

Die lang verwagte vierde boek van Sidney Gilroy is uiteindelik op die rak en word klaar as ‘n blitsblaaier beskryf. Dit is nie ‘n opvolg op Gilroy se vorige drie boeke nie, maar ons lees weer van Petunia Moraleng, voormalige stasiebevelvoerder op Parys, wat lesers in Vlam leer ken het en nou haar rang kwyt is en oorgeplaas word Mooibaai toe. Oornag bevind sy haarself as hoofondersoeker in ‘n raaiselagtige moordsaak nadat die oorskot van twee jong vroue vroeg in Desember (vakansietyd) ontdek 
word.

Die leser word gou ingetrek in die intrige met Die Clowns, ’n Russiese skeepskaptein en die matriarg van die vooraanstaande Heemstra-familie se testament wat die poppe laat dans. En waar kom die albaster in die eerste slagoffer se hand vandaan?

Die boek verkoop vir R350 en word uitgegee deur Human&Rousseau, ‘n druknaam van NB Uitgewers.