Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times
deur Kristel Loots | Uitgegee deur NB Uitgewers 
 
Meeste enkellopendes vrees daardie plus een op ‘n uitnodiging na ‘n troue of partytjie - wat nog te sê nou matriekreünie. Sarah skrik nie vir koue pampoen nie. En sy het geen begeerte om met grasie oud te word nie. Sy dra onpaar oorbelle, ’n groot sonbril en haar hare is bloedrooi gekleur. Wat sy wel nie op haar ouderdom verwag het nie, is om na haar 55ste martriekreünie genooi te word. En boonop vereis die uitnodiging dat sy ’n metgesel saambring - wat sy, ’n weduwee, wáár moet kry? Sy is nuuskierig oor die affêre, maar om na haar grootworddorp terug te keer gaan ou wonde oopkrap.
En sy gaan vir Franco, die hartevertrapper, weer in die oë moet kyk!

Kristel Loots het al met boeke soos Die engel rook skelm en Troukoek maak nie vet nie, bewys sy ken haar lesersmark en hou van humor saam met ‘n lekker skeut romanse. Sy skryf vir jare al tydskrifverhale en het romanses en romans op haar kerfstok. Sy woon in die Kaap.