Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

“Maria, het Anna al lankal terug besluit, is net gelukkig wanneer sy ongelukkig is. Wie wil nou saam met só ‘n skepsel jou lewe lei? Dit gaan nog vir Frederik te veel raak, en dan moet Maria nie huil as hy vlerk by ‘n ander meisie loop sleep nie. Maria dink alles is sonde. Selfs om te lag…”

(Uittreksel: Terug na die walle van die Molopo - Christelle Wessels en Jan Vermeulen/ Sewe keer Sondig)

Kortverhale is ‘n besondere kuns. ‘n Skrywer moet ‘n volledige storie vertel wat lesers intrek, hulle wil laat deel in die lief en leed van karakters en hul kan vermaak - maar in net ‘n duisend tot drie duisend woorde.

Anders as met ‘n roman waar ‘n skrywer min of meer 300 bladsye het om hul verhaal in te kleur en te laat uitspeel, moet ‘n kortverhaal dieselfde impak hê, maar in net ‘n handvol bladsye.

Vra menige romanskrywers en hulle sal bieg dat om ‘n treffende kortverhaal te skryf, hare op die tande verg.

In die nuwe kortverhaalbundel op almal se lippe, ‘Sewe keer Sondig’, uitgegee deur Naledi, het 44 skrywers verhale met die fokus op een van die Sewe Doodsondes aangepak. Die skrywers - waaronder gesoute woordsmede soos Dibi Breytenbach, Francois Bloemhof, Madelein Rust, Elsa Winkler, Jan Vermeulen, Annerle Barnard, Erla Diedericks, Christelle (van Rooyen) Wessels en Hannes Barnard - het twee-twee aan ‘n verhaal geskryf met die gevolg dat die bundel uit 24 juwele bestaan.

Met titels soos Terug na die walle van die Molopo, Ter wille van die lus, Die opstanding van Duifie, Jy skuld my en Kry vir jou, is Sewe keer Sondig ‘n bundel wat lesers gaan verlei om bladsy na bladsy te bly lees.

Gelukkig is ‘lees’ mos darem nie op die lysie van onvergeefbare sondes nie!

Die bundel is saamgestel deur Stefaans Coetzee, skrywer en bekroonde boekbemarker, en Anschen Conradie, gerekende resensent. 

Gaan loer by jou naaste boekwinkel om joune aan te skaf, of volg net enige van die skrywers op sosiale media vir meer inligting oor Sewe keer Sondig.