Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Skrywer: Stephen Leather
Titel: Dirty War
Uitgewer: Hodder & Staughton
ISBN: 978-1-529-36737-9
Resensent: Stefaans Coetzee

Ek dink nie die 67-jarige Britse skrywer Stephen Leather het enige bekendstelling nodig as jy verslaaf is aan die genre (dit is nou spesiale magte/spioenasie/terrorisme) nie. Verskeie van sy boeke is verfilm, sy vierde boek The Chinaman (The Foreigner), met Jackie Chan en Pierce Brosnan in die hoofrolle, is my gunsteling. Hy is een van ʼn handvol joernaliste wat hul kennis suksesvol in blitsverkopers omskep het, dink aan Frederick Forsyth, Gerald Seymour (Harry’s Game), Terence Strong (The Tick-Tock Man) en Gordon Stevens (Peace on Earth).

Dit is veral hul boeke oor die Ierse konflik wat hulle onder my aandag gebring het.

Tog, Leather het vir jare meer aan die middel nader aan onder op my wil-lees-lys geboer. My leeslus is eerder gedomineer deur Robert Ludlum, Frederick Forsyth, Gerald Seymour, Tom Clancy en andere wat die genre daardie jare oorheers het. (Ja, ek is so oud.) Die middelkorps - dink Strong, Stevens en Leather - vermaak, maar het nooit die genre soos byvoorbeeld Ludlum en Forsyth help formuleer nie. Nog later het voormalige operateurs soos Andy McNab (Remote Control), Chirs Ryan (Stand by, Stand by) en Duncun Falconer (The Hostage) veroorsaak dat Leather se boeke stof opgaar.

Tot ek met Dan “Spider” Shepherd kennis gemaak het.

Weliswaar nie met Hard Landing nie, maar sedert Soft Target, Cold Kill en Hot Blood het Leather sy nis in die genre gevind. Selfs Chris Ryan verkondig sy lof met: “Stephen Leather writes really exciting action. It’s like being there yourself.”

Dirty War is die 19de boek in die Spider-reeks. Die eerste gedeelte van die boek (August, 2021) bestaan uit 106 bladsye, sonder enige hoofstuk. Slegs die derde wêreldoorlog sou jou verhoed om die boek tot dan neer te sit. In hierdie gedeelte help Spider ʼn jihadis gedurende die laaste dae van die Afganistan-oorlog om in die Verenigde Koninkryk te kom. McNab en Ryan op sy beste!

As jy wou piepie, is dit hier, want hierna moet jy maar ‘n doek aansit vir badkamersake, want jy gaan nie die boek wil neersit nie. Dit het vir die rede ook geen hoofstuk (pouse) nie. Onthou jy Jaco Wolmarans se laaste 100 bladsye in Dolos? Hier het jy 267 pure aksie, Olympus Has Fallen-styl. Aksie. Aksie. En nogmaals aksie. Alles op vinnige spoed.

Die boek was so bindend dat ek Jeffrey Archer se boek Traitor’s Gate onder my toring resensie-kopie uitgetrek het. Dit is vir my die grootste getuigskrif van ʼn boek: ek wil dadelik iets soortgelyk lees.

As jy van Stevens se Klara’s Game en Nelson deMille se The Lion gehou het, is jy in vir ʼn slapelose nag.