deur Helene de Kock - Uitgegee deur NB Uitgewers
Plek van die bittermaan is die verhaal van ’n ongetroude enkelma wat stad toe vlug met haar seuntjie in die hoop om “anoniem” te wees. Maar vir die beeldskone Tessa Verwey is dit nie so maklik nie. Dis nie net moontlik om haar van die res van die wêreld af te sny nie, want in die losieshuis waar hulle tuisgaan, word sy voor hartverskeurende keuses gestel. Wie sal vir haar én haar seuntjie kans sien? En by wie lê haar hart?













