Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Kom groet die lente op Saterdag 31 Augustus by die Lentemark wat by Pick n Pay Hyper Wilkoppies gehou word. Besoekers word aangemoedig om hul Springboktruie ter ondersteuning van die Springbokke te dra vir ‘n foto wat om 12:00 geneem sal word. Die ander hoogtepunt van die mark is die Mej Lente Junior-kompetisie. Die afdelings is Mej Sonstraaltjie (4 tot 5 jaar), Mej Roosknoppie (6 tot 7 jaar) en Mej Lentebloeisel (8 tot 10 jaar)
Dalk moet ouers anders dink oor dissipline
Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Dis maklik om ’n mening oor ouerskap te hê, maar om ’n ouer te wees, is een van die moeilikste dinge om te doen. Ouers word konstant gebombardeer met menings oor hoe om hul kinders te dissiplineer. Die rol as ouers is om die toon aan te gee, ’n voorbeeld te stel en om ’n omgewing te skep waarbinne kinders gewaardeerd en veilig voel.
Rotary supports the kids
Klerksdorp Rotary Club recently spent a day with Bolopapelo Intermediate School, situated at Palmietfontein Farm, Ventersdorp. Many students rely on school meals as a primary source of nutrition. The club delivered a boot-load full of porridge which will provide a nutritious meal for the learners of Bolopapelo.
’n Ewige kroon
deur Demi-Leigh Tebow
Uitgegee deur NB Uitgewers
In ‘n Ewige kroon getuig die gewese Mej Heelal en Mej Suid-Afrika Demi-Leigh Tebow hoe gevaarlik dit is om ons identiteit aan ons prestasies te koppel. Ontdek wie jy geskape is om te wees, en leer hoe jy jou platform - hoe groot of klein ook al - kan gebruik om ’n blywende impak te maak. In hierdie boek neem Demi ons saam op haar reis na selfvertroue - van waar sy haar identiteit op tydelike eerbetuigings en haar eie pogings gebaseer het, tot waar sy die rotsvaste sekerheid ontdek het van jou lewe in die Skepper anker. Dié reis verweef haar lewensverhaal met die insigte wat sy langs pad verwerf het.
Nuut op die rak: Lekkergoed vir die lewe
Lekkergoed vir die lewe
deur Susan Coetzer
Uitgegee deur NB Uitgewers
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en daaglikse gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n noemenswaardige, positiewe verskil in ‘n mens se lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur ‘n ware konneksie met die Here te maak en die werking van sy Heilige Gees eerstehands te begin ervaar. Dit help jou om anders te begin reageer in situasies wat vroeër ’n sneller vir jou kort lont sou wees. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar: van die trapmeul by die werk tot die verantwoordelikhede by die huis tot die glasskerwe op jou lewenspad.