Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Afrikaans-Amptelik 100-veldtog is van stapel gestuur om die bestaan van Afrikaans as amptelike landstaal te vier. In Klerksdorp word ook ‘n paar verskillende vieringe beplan om Afrikaans se 100ste bestaansjaar te vier. Die eerste funksie is by Verdant op 20 Junie waar The B Gallery in samewerking met Klerksdorp Boekefees ‘n aand van kuns, musiek, skryfwerk en digkuns aanbied. Alle skrywers, digters, fotograwe en kunstenaars (jonk en oud) word genooi om Afrikaans 100 te vier op papier, in ‘n foto of dit in ‘n kunswerk uit te beeld.
Al die wengedigte en -kortverhale sal saam met die kuns en fotografie in ‘n spesiale gedenkbundel gebind word wat teen kosprys by die Klerksdorp Boekefees einde Oktober te koop sal wees.
Gedigte van nie langer as 26 woorde, en ‘n kort-kortverhaal nie langer as 500 woorde kan ingeskryf word. Foto’s en skilderye sal gekeur word om aan die uitstalling deel te neem. Nie meer as drie inskrywings per persoon nie.
Inskrywings is ook gratis. Die sluitingsdatum hiervoor is 10 Junie. Beoordelaars sal die beste kortverhale en gedigte kies wat voorgelees gaan word op die aand.
Stuur jou inskrywing aan Stefaans Coetzee by
Afrikaans is in die hande van haar sprekers. Kom ons vier haar diversiteit, kom ons vier haar reis tot nou en kom ons maak saam ‘n pragtige lappieskombers wat ons taal kan omvou en vir die volgende honderd jaar kan bewaar.
Merang beteken fees en behoort tot die leksikon van Kaapse Moesliem-afrikaans.