Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die volgende kunstenaar wat Artistique Productions na Klerksdorp bring is Jo Black!
Die rocker tree op 10 Mei in die Escapadesteater by Rio Casino op en daar is net 400 kaartjies beskikbaar.
Black en sy orkes sal optree en hy wil hoop na Klerksdorp te bring. Sy vertonings is soveel meer as musiek, want hy bring ook ‘n boodskap.

Hy beskryf homself as ‘n motiveringspreker wat ook sing. Sy eerste treffer, Skepe, is in Desember 2016 vrygestel en die video is binne vyf maande meer as ‘n miljoen keer op Youtube gekyk.  

Sy liedjie Voel jy die Genade is ook meer as ‘n miljoen keer gekyk en die album het goudstatus binne tien dae bereik.

Die kaartjies kos R250 elk en is by Bosveld Slaghuis te koop. Die kaartjies is vanaf 17 April beskikbaar.

Die vertoning sal om 20:00 begin.