Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Ster-Kinekor maak gereed om byna ‘n derde van sy 728 werknemers (236 mense, of 32% van die arbeidsmag) af te dank te midde van planne om tot nege van sy filmteaters te sluit. Klerksdorp Midweek het verneem dat die teaters in Matlosana Mall geoormerk is vir sluiting oor die volgende ses maande. Die teaters in Potchefstroom en Rustenburg word hersien vir moontlike sluiting.

Ander teaters wat vir sluiting geoormerk is, is Bayside, Boardwalk, Mimosa, Shelly Beach, Cedar Square, Maponya, Southgate en Sterland.

Die rolprentketting het verklaar dat dit herstrukturering moet ondergaan weens faktore soos ‘n uitdagende ekonomiese omgewing, beurtkrag, finansiële beperkings, en die impak van die Hollywood-stakings wat tot baie fliekvrystellings se oorplasing na 2025 gelei het.

Hierdie faktore het aansienlik laer bywoning tot gevolg gehad wat inkomste verder beïnvloed het.