Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die volgende Pick n Pay stalletjiemark op Saterdag 1 November word ten bate van die Kankerver-eniging gehou. Twee belangrike persone word vanjaar toegesluit in ‘n hok en word eers vrygelaat as ‘n stewige bedrag vir Kansa ingesamel word. Die organiseerder, Tinus van Staden, verklap dat Nellie de la Rey een van die tronkvoëls gaan wees en sy is opgewonde om ‘n verskil te maak.
“Ek wil graag fondse insamel vir die kankervereniging en nooi al my vriende om my vir ‘n goeie doel te ondersteun,’’ nooi Nellie. Sy is ‘n pensioentrekker en was vir jare bekend as die bemarkingsbestuurder by die Pick n Pay Hipermark.
Tinus swyg nog oor wie die ‘tronk’met Nellie gaan deel, maar ‘n voëltjie het gefluit dat dit moontlik hyself kan wees. Die pret vind van 10:00 tot 12:00 by die mark in die winkelsentrum se parkeerterrein plaas.
Daar is nog stalletjiestaanplek beskikbaar teen R120. Toegang tot die mark is gratis.
Vir navrae en stalletjiebesprekings, skakel Tinus by 083 294 8077.










