Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Klerksdorpers ry elke jaar na die Potch Liggiefees toe om die asemrowende ervaring te beleef. Die fees fees vind vanjaar die tiende keer plaas en flikker helderder as ooit. Die fees vind by die Abraham Kriel Kinderhuis plaas en sal op 28 November open met ‘n vertoning deur Steve Hofmeyr. Ricus Nel sal die fees afsluit op 27 Desember.
Ander musiekhoogtepunte is Snotkop op 29 November, Bobby van Jaarsveld op 10 Desember, Ruhan du Toit op 17 Desember, Kurt Darren op 12 Desember en Jo Black op 16 Desember.
Die fees is die kinderhuis se grootste fondsinsamelingsprojek om te verseker dat hulle vir al 230 kinders die beste moontlike sorg kan gee en ‘n blink toekoms daarmee saam.
Vir net R50 kan jy van die beste Afrikaanse kunstenaars beleef, maar die eintlike trekkrag is die miljoene liggies.
Van die langste liggietonnel in die suidelike halfrond, tot lewensgrootte (en selfs groter) liggiestrukture, en nog meer...
Selfs ‘n hele musiekhoek waar die liggies en musiek gekoördineer is.
Saam met dit alles het hulle heerlike kosstalletjies, ‘n verskeidenheid van drinkgoed en al jou Kersinkopies is reeds voor gesorg wanneer jy by die LiggieMark kom koop.
Koop nou jou kaartjie aanlyn by https://tinyurl.com/PotchLiggieFees.










