Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Sassa het verlede week bekendgemaak dat maatskaplike toelaes tans hersien word om begunstigdes wat vermoedelik ander bronne van inkomste het wat nie bekend gemaak is toe hulle om toelaes aansoek gedoen het nie, uit te vang.
Volgens die maatskaplike bystand raamwerk, word begunstigdes wetlik verplig om alle inkomstebronne tydens hul aanvanklike aansoek volledig bekend te maak. Hulle is ook verplig om Sassa in kennis te stel van enige veranderinge aan hul finansiële omstandighede nadat hul aansoek goedgekeur is.
Versuim om aan hierdie vereistes te voldoen, is ‘n oortreding van die wet en kan regstellende stappe tot gevolg hê. Sassa wil dié bedrog uitroei en verseker dat bystand diegene bereik wat in aanmerking kom.
Volgens Sassa is geen toelaes nog opgeskort nie, maar diegene wat die wet oortree sal nie meer Sassa kan ontvang nie. “Sassa het net die betalingsskedule gewysig vir daardie begunstigdes wat versoek is om in te kom vir ‘n hersiening.
As jy dus op hersiening geplaas is, moet jy jou naaste Sassa-kantoor kontak. Sou geen kontak gemaak word na twee maande nie, sal hierdie begunstigdes se toelaes opgeskort word. Indien bevind is dat jy oortree het, sal toelae permanent gekanselleer word en na gelang van hul omstandighede sal ‘n bedrogondersoek geopen word,” het die nasionale woordvoerder, Paseka Letsatsi, gesê.
Sassa moedig alle begunstigdes aan om enige alternatiewe bronne van inkomste bekend te maak en om enige bykomende bankrekeninge wat nie voorheen verklaar is nie, aan te meld. Verder word begunstigdes wat steeds die groen strepieskode-ID-boek gebruik, versoek om dit met die slim ID-kaart te vervang, weens die verhoogde risiko van bedrog wat met die ouer ID-formaat geassosieer word.
Kliënte word versoek om die Sassa tolvrye kliëntedienslyn te kontak by 0800 60 1011 of