Klerksdorp Midweek, Potchefstroom - Rondomtalie/Marry-Go-Round is ‘n nuwe komedie wat by Aardklop te sien is. Dit is geskryf deur Rafiek Mammon en Margit Meyer-Rödenbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo is te sien. Daar word beweer dat die verhoudingsterapeut, Mahesh Maharaj, die beste in die bedryf is. Met sy “alternatiewe” metodes kan hy enige verhouding back on track bring.
Kan Mahesh vir Olivia en Alan help om hul huwelik van 12 jaar te red nadat Olivia vir Alan op die kombuistafel met ’n ander vrou betrap het?
Hier sit die twee, in die derde van ses sessies, om te praat oor hul gevoelens. Met skreeusnaakse dog opregte gevolge.
Die paartjie word meesterlik gespeel deur Margit Meyer-Rödenbeck, Deon Lotz en Gary Naidoo vertolk die rol van die verhoudingsterapeut wat as’t ware die gom is wat die hele brose, dog skreeusnaakse, affêre bymekaar hou.
Daar is drie vertonings by die kunstefees. Bespreek by www.aardklop.co.za.
- Drie gelukkige lesers kan elk ‘n dubbelkaartjie wen om die stuk by te woon. Stuur jou besonderhede en die antwoord op ‘n maklike vraag na