Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - NG Goudkop bring ‘n teaterstuk na Klerksdorp wat beloof om mense te laat lag én huil. Keelvol, met Germandt Geldenhuys en Je-ani Siegelaaar, is ‘n produksie wat gehore regoor SA, Namibië en Botswana al bekoor, en hul ore, lagspiere, traankliere en harte aangeraak het. Dié verhoogstuk het al meer as honderd vertonings beleef en omtrent dieselfde hoeveelheid staande toejuigings.
Dirk Havenga (Geldenhuys) is die nuwe sang- en musiekonderwyser op die dorp. Hy het ‘n terugslag as musikant beleef in die stad, en probeer nou sy heil vind op die platteland. Hy is metodies, passievol oor musiek en kruip weg agter ‘n gordyn van sarkasme en harde werk. 

Mariëtte Labuschagne werk in ‘n boekwinkel op dieselfde dorp. Sy droom haar hele lewe lank van ‘n loopbaan op die verhoog. Al wat sy wil doen is sing en “perform”. Sy is spontaan, lewenslustig, altyd gereed met n grappie of ‘n storie en sy is altyd ongeremd. Mariëtte is reg vir haar eerste sangles. Is Dirk?

Hierdie kombinasie kan óf ‘n resep vir ‘n ramp wees óf dalk net wat hulle albei nodig het?

Dié twee Binnelanders-sterre is op 26 September by NG Goudkop te sien. Die kaartjies kos R180 elk, en die vertoning sal om 19:00 begin.

Etes sal voor die vertoning te koop wees. Kry jou kaartjie op Quicket of by die kerkkantoor in Goudkoplaan.

- Twee gelukkige lesers en hul metgeselle kan die vertoning gratis bywoon. NG Goudkop gee twee dubbelkaartjies weg. Stuur ‘n e-pos na This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. met jou kontakbesonderhede en die antwoord op ‘n maklike vraag. Die vraag: Wat is die naam van die toneelstuk wat op 26 September in Klerksdorp te sien is? Die kompetisie sluit op Vrydag 19 September.