Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Die Matlosana Bird Parkrun het ‘n glorieryke naweek gehad. Verskeie mylpale is bereik op Saterdag 23 Maart en daar was ‘n groot opkoms ten spyte van die langnaweek en skoolvakansie. Sowat 189 persone het aan die Parkrun deelgeneem. 
Parkrun is nie net vir atlete nie: dit is vir almal van groot tot klein, jonk en oud, lank en kort, man en vrou en vir alle kulture van die reënboognasie. Jy kan die Parkrun hardloop, draf of stap. Ouers kan hul klein kinders in ‘n stootwaentjie saamneem. Ongelukkig word honde nie toegelaat by die Parkrun nie, maar enige iemand is welkom om die kameraadskap en pret wat Parkrun bied, te kom ervaar. 

 Dit is slegs 5 km!

Dit vind elke Saterdag om 08:00 by die Matlosana Bird Park, in Readmanstraat, oorkant Hoërskool Wesvalia plaas.

Jy hoef nie net te hardloop, draf of stap nie, jy kan ‘n vrywilliger wees deur te help as tydhouer, ‘tail walker’, ‘marshall’ en nog vele meer.

Skakel Bridget Kleu by 083 331 8021 vir meer inligting.