Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Laerskool La Hoff se atlete het ‘n kragvertoning by die eerste atletiekbyeenkoms vir die jaar gelewer met 15 rekords wat gebreek is. Die blitsige Lyla Smit het die tonge los met drie nuwe rekords agter haar naam. In die 80m vir meisies o/11 het sy ‘n rekord wat al 40 jaar staan in skerwe laat spat. Dié rekord is in 1984 deur Karen Visagie opgestel. Oud-Hoffie Karen (nou van Aswegen) het dit op Facebook raakgesien en die jong atleet gelukgewens met die prestasie. 
“Ek as oud-Hoffie is trots op jou my skat. Sterkte vir jou atletiekloopbaan vorentoe.’’


Lyla het die rekordboeke behoorlik herskryf op die byeenkoms wat op 19 en 20 Januarie plaasgevind het. Sy het die 100m wat in 2000 opgestel is, ook herskryf en ‘n 30-jaar oue rekord in die hoogspring staan nou ook agter haar naam.

Nog ‘n Hoffie-atleet, Imke Swanepoel, het vier rekords gebreek. Dié o/10 atleet het ‘n 37-jaar oue rekord in die 80m opgestel en ook rekords verbeter in die 100m, 70m hekkies en verspring. 

Roubaix Reynecke het nuwe rekords opgestel vir meisies o/12 in 100m, 150m en 150m hekkies.
Ander atlete wat nuwe rekords opgestel het, is Alex van Alleman, Divan Pullen, Christiaan Malan (twee rekords) en Miné Scott.