Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Klerksdorp - Eerskomende naweek vind die Aurum Klerksdorp Marathon plaas. Die wedlope begin en eindig by Hoërskool Wesvalia se krieketvelde. Die marathon en halfmarathon begin albei om  06:00, terwyl die 10km en 5km om 06:30 begin op Sondag 11 Februarie.

Daar sal inskrywings op die dag geneem word vanaf 05:00.

Medaljes word aan alle atlete gegee en die wat betyds kom inskryf ontvang ook ‘n geskenksakkie om die dag lekker te maak. 

Waterpunte is oudergewoonte met Coke en water voorsien en sal elke 3km op die pad wees. 

Die marathonklub nooi families uit om die 5km te kom stap of draf en te deel in die gees. Daar sal na die tyd worsbroodjies verkoop word ten bate van die Rotariërs en koffie van Bruder sal beskikbaar wees voor en na die wedlope.

Die weer belowe om bietjie koeler te wees end it beteken vinnige tye van die wenners.
Inskrywings op die dag kos 42 km (R250), 21 km (R200), 10 km (R140) en 5 km (R100).