Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Klerksdorp Midweek, Bloemhof - Die 23ste jaarlikse Bloemhofdam Bonanza vind vanjaar vanaf 27 April tot 1 Mei op die Noordwes- en Verlatenkraaloewers van die dam plaas. Dit is weer ‘n oewer-en-boot-hengeltoernooi.
Die Bloemhofdam Bonanza is nog altyd een van die grootste en lekkerste hengel-toernooie op die hengelkalender in Suid-Afrika. Daar is ‘n tradisie van kuier en lekker visvang wat die Bonanza by Bloemhofdam so gewild maak! Noordwes en Verlatenkraal is uitgestrekte hengeloewers van meer as 30 kilometer wat genoeg hengelspasie aan deelnemers verseker. Daar is ook ‘n groot sleephelling by Noordwes waar bote kan lanseer.

Vanjaar se Bloemhofdam Bonanza se fokus is op karp omdat dit die speelveld gelyk maak. Die algehele wenner wen R100 000 kontant.

Bloemhofdam is bekend vir sy reuse barbers en daar is ook ’n besondere barberprys bestaande uit R5 000 kontant en barber-kunsase en ‘n naweekhengelsafari. Hengelpryse vir seniors, dames en juniors is ook op die spel. Die gewilde spannedragkompetisie word weer aangebied en deelnemers is welkom om 081 247 1440 te kontak om hul spannedrag te ontwerp en te maak. Daar is R5 000 in kontant vir die spanne met die oorspronklikste hengeldrag.

Die Hou die dam skoon-kompetisie is daar om die oewers skoon agter te laat. Die eerste 500 deelnemers sal ook ‘n geskenkpak met hengelgerei en papmeel kry.     

Daar is vanjaar meer as R60 000 se pryse wat met gelukkige trekkings gewen kan word. Die gelukkige trekkingkaartjies kan aanlyn of fisies by die Bonanza gekoop word teen R10 ‘n kaartjie.  

Deelnemers kan enige tyd op die aanlynskakel registreer om aan die Bloemhofdam Bonanza deel te neem. Dit beteken dat daar geen toue by die hekke is nie en deelnemers kan reguit na die hengeloewers gaan. Daar sal ook hengelaartjies vir die laatkommers by die dam wees.

Die hengelkaartjies is R300 per volwassene en R150 vir juniors (o/13) en kan aanlyn gekoop word by https://www.justsc.co.za.