GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Namakwa Nasionale Park het verlede week vier sopkombuise in die gemeenskap van Soebatsfontein en omliggende dorpe heropen.
Dit is gedoen met die hulp van die park se Korporatiewe Maatskaplike Belegging (KMI) befondsing.
Die sopkombuise, geleë in Soebatsfontein, Hondeklipbaai, Kommagas en Kamieskroon, was gesluit weens onvoldoende fondse en ‘n gebrek aan hulpbronne.
Hul sluiting het meer as 400 gemeenskapslede, wat op die kombuise vir daaglikse maaltye staatgemaak het, in gevaar gestel vir wanvoeding.
Deur die Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) se KMO-befondsing en -fasilitering, is die noodsaaklike infrastruktuur en hulpbronne wat nodig is om hierdie fasiliteite te herbegin, nou verseker.
Die kombuise sal weer gereelde maaltye verskaf en noodsaaklike ondersteuning bied aan hierdie voorheen benadeelde gemeenskappe.
Benewens befondsing sal SANParke mentorskap en meganisasie-opleiding bied aan plaaslike vergroenings- en tuinmaakprojekte wat uitda- gings in die gesig staar.
Hierdie inisiatiewe is daarop gemik om selfonderhoud te bevorder, voedselsekerheid te ondersteun en volhoubare klein besighede te skep.
Daar word ook só bewustheid te skep vir die mens-wildlewe-konflik, om volhoubare voedseltuine te bevorder en om honger en armoede in die Namakwa-streek, aan te spreek.