GEMSBOK-UPINGTON: Die SAPD in die Noord-Kaap het verlede week ‘n dringende versoek aan die publiek gerig om honde aan die K9-eenheid te skenk, om die kapasiteit te verhoog en dienslewering te verbeter.
*Die volgende honde kan aan die SAPD geskenk word:
*Border Collies *Rottweilers
*Duitse Herdershonde
*Hollandse Herdershonde
*Labradors *Bloedhonde
*Malinois (Belgiese Herdershonde).
*Vereistes: *Honde kan tussen 18 maande en 5 jaar oud wees.
*Die hond moet gesond en geskik wees om in enige van die 8 dissiplines in die SAPD K9-omgewing opgelei te word.
*Die hond moet selfversekerd, energiek en nie bang wees vir mense of harde stemme nie.
Lede van die publiek kan die SAPD Provinsiale K9-eenheid kontak vir ‘n evaluering van die hond voor die skenking.
Vir meer inligting, kontak asseblief:
Lt-kolonel Nehemiah Malete by 082 776 9061 of adjudant-of- fisier Brakkies Breedt by 082 554 5597 of e-pos