Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die provinsiale bestuur van die Noord-Kaap, insluitend die adjunk-provinsiale kommissaris vir korporatiewe dienste, generaal-majoor - dr. Mphuthi, die adjunk-provinsiale kommissaris vir polisiëring, generaal-majoor Johnny Besnaar en die provinsiale hoof vir pro-aktiewe polisiëring, brigadier Irene Kopeledi, met hul gevolg, het die verkiesing van die interim provinsiale gemeenskapspolisieraad onlangs in Upington gelei.
Die vyf distriksvoorsitters, sekretarisse en openbare betrekkinge-beamptes wat verkies is, was deel van die vergadering, wat daarop gemik was om die provinsiale polisiëringraad te herstruktureer.


Pastoor James Malgas het die program met toewyding en gebed geopen, en die doel van die vergadering is uiteengesit deur die provinsiale hoof van polisiëring, brigadier Kopeledi.
Die hoofspreker, generaal-majoor Besnaar, het die vergadering toegespreek oor vorige uitdagings en die verwagting dat die nuwe struktuur die verhouding tussen die SAPD en GPF sal herbou.
Hy het verder aangehaal dat die verhouding gehandhaaf moet word tot voordeel van die gemeenskap om te verseker dat die mandaat van die SAPD en die GPF nagekom word.
Die verkose Noord-Kaapse Interimstruktuur:
Voorsitter – Mnr. Thabiso Kedithibetse (JTG-distrik)
Adjunkvoorsitter – Mnr. Clement Baai (ZFM-distrik)
Sekretaris – Me. Liz-Nique Nel (ZFM-distrik)
Adjunksekretaris – Mnr. Shaun Brandt (Frances Baard-distrik)
Tesourier – Me. Dorothy Langfred (Pixley Ka Seme-distrik)
PRO – Mnr. Hilton Appollis (JTG-distrik)
Die interimraad is deur die provinsiale bestuur gelukgewens, en generaal-majoor dr. Mphuthi het die geleentheid gebruik om die struktuur namens die provinsiale kommissaris te verwelkom.
Die struktuur sal dien tot die volgende jaarlikse algemene vergadering.