Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: AgriSA stel ’n data-opname-toepassing bekend om te help met die monitering en bestuur van sprinkaanuitbrake regoor Suid-Afrika. 
Die platform stel boere, distrik-sprinkaanbeamptes en reaksiespanne in staat om waarnemings aan te teken en swermbewegings in ‘real time’ op te spoor. Dit  verseker dat uitbrake vinnig geïdentifiseer en doeltreffend beheer word.
“Oor die afgelope dekade het AgriSA en sy lede ’n produktiewe werkverhouding met verskeie
owerhede gevestig om uitbrake te bestuur,” sê Janine Byleveld, projekwoordvoerder van AgriSA.


Sedert Augustus 2025 werk AgriSA saam met die Direktoraat Klimaatsverandering en Ramp- risikovermindering Migrerende Plaagafdeling: Suidelike Streek, sowel as die Departement van Landbou, om koördinering en operasionele gereedheid te versterk. Die verstryking van die driejaarkontrakte van distrik-sprinkaanbeamptes en voormanne het ’n dringende behoefte aan hernuwing en heraanstelling in die verskillende provinsies geskep. Dié proses is tans aan die gang.
Die bekendstelling van die toepassing verteenwoordig ’n groot stap vorentoe in vroeë identifisering, beter koördinering en vinniger reaksie.
Die toepassing dien as ’n nasionale aanmeld- platform, waar gebruikers die volgende kan doen:
•   Meld sprinkaanwaarnemings aan met GPS-koördinate en foto’s.
•   Volg die verspreiding en beweging van swerms.
•   Stel provinsiale en nasionale spanne in staat om hoërisikogebiede te prioritiseer.
•   Ondersteun die toewysing van toerusting, hulpbronne en personeel.
“Hierdie hulpmiddel stel ons in staat om pro- aktief sprinkaanuitbrake te bestuur,” sê Byleveld. “Deur diegene op grondvlak met toepaslike inligting te bemagtig, kan ons hulpbronne vinniger mobiliseer en oesverliese beperk.”
AgriSA het reeds provinsiale koördine- ringsvergaderings gehou om te verseker dat alle rolspelers betrokke is. Die bedoeling is om samewerkend en ondersteunend te wees tot bestaande pogings. Daarom verwelkom AgriSA enige verdere ondersteuning en deelname wat die hantering van sprinkaanuitbrake kan versterk.
Die organisasie bly daartoe verbind om saam met die owerhede en bedryfsvennote te werk om Suid-Afrika se sprinkaanbestuurstelsel te versterk, landbouproduksie te beskerm en plattelandse veerkragtigheid te bevorder.
Die boerderygemeenskap en lede van die publiek kan swerms aanmeld deur die WhatsApp- nommer +27 79 467 0702 te gebruik. Gebruikers sal stapsgewys gelei word om die ligging en besonderhede van sprinkaanswerms aan te teken.
Navrae kan gerig word aan Janine Byleveld, AgriSA-projekwoordvoerder, by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.