GEMSBOK-UPINGTON: Die premier, dr. Zamani Saul, het op Erfenisdag die seremoniële hernoeming van Schröderstraat na Alfred Gubulastraat in Upington gelei.
Saul het gesê die hernoeming vorm deel van die regering se program om “ons helde en heldinne te vereer vir hul onselfsugtige stryd teen koloniale bewind. Tata’uAlfred Gubula was ‘n leier van die Verenigde Demokratiese Front. Hy was ook leier van die ‘Red die Patriotte-veldtog’, ‘n nasionale veldtog om alle kamerade in die doodsry regoor die land te red. Tata’uAlfred Gubula het die Paballelo-gemeenskapsopstande in die middel-1980’s gelei. Deur saam met menseregte-prokureurs te werk, het hy wêreldwye aandag op die Upington 26-saak gevestig. Dit is belangrik vir ons om te erken dat naamsveranderinge belangrik is vir ons om ons erfenis en kulturele identiteit terug te eis, asook om ons helde en heldinne te vereer wat geveg het vir die bevryding van hierdie land en hierdie provinsie.”