Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: “Kern-afval of nie vir Namakwaland,” dis die vraag waarmee plaaslike inwoners alweer worstel.
 Dit, nadat daar op Maandag, 25 September, ‘n regerings-afvaardiging by Vaalputs was om die sogenaamde Vaalputs Nuclear Waste Disposal fasiliteit te gaan oorhandig.
 Vroeër was ‘n Nuclear Installation License aan die National Radioactive Waste Disposal Institute(NRWDI) uitgereik, om dit voortaan te bestuur. Dit beteken dat die Nuclear Energy Corporation of South Africa (NECSA) nie meer vir Vaalputs gaan beheer nie. 


 Die genoemde seremonie was in samewerking met die departement van elektrisiteit en energie  aangebied. Dit was gelei deur die minister van elektrisiteit en energie, dr Kgosientsho Ramakgopa. Sy adjunk, Sammantha Graham-Marè, het hom vergesel.
 Hierdie nuwe verwikkelinge kan ook groot voorspoed aan, spesifiek die Kamiesberg, maar vir die hele Namakwaland inhou, was tydens vergaderings op Springbok en Rooifontein, bekend gemaak. 
 So, byvoorbeeld sal groot uitbreidings in die toekoms by Vaalputs gedoen word, sodat hoëgraadse kernafval moontlik in die toekoms hier geberg kan word.
 Daar sal egter nog baie impakstudies en samesprekings met die plaaslike gemeenskappe gedoen moet. En dit kan nog jare neem, voordat die regering se planne sal realiseer. 
 Die gehawende pad na Vaalputs behoort ook so gou as moontlik aandag te kry, skree omgewingsaktiviste. En die moontlikheid dat die kern-afval ondergrondse water hier kan besoedel is vir vele plaaslike inwoners en boere ‘n groot bron van kommer.
 Intussen het Katy Ventura, n plaaslike grondregte-aktivis, gekla dat die grond by Vaalputs aan die inheemse mense behoort. Sy het vertel dat dit grond is wat aan die sogenaamde kleurling trust behoort. Voorts, dat daar in 1987 n hofuitspraak gemaak was dat die grond nie net sommer deur die regering gebruik kan word nie.
 Volgens haar was daar nog nie voldoende inligtingsvergaderings met die plaaslike bevolking nie. Behalwe dit, reken sy dat die kern-afval eintlik dodelik-gevaarlik is vir mens en dier, mits daar lekkasies kan ontstaan. 
 “Ons is besig om die regering na die internasionale kriminele hof te vat oor ons grond, Die verneukspul het destyds by KODESA begin, waar die wit- en swartman alleen oor ons en ons grond besluit het.
 Volgens Vernon Swarts, ‘n plaaslike sakeman, is die Kamiesberg-omgewing die stiefkind van ekonomiese ontwikkeling in Namakwaland en die Noord-Kaap. 
 “Vaalputs val onder ons munisipaliteit, dus is ek van mening, dat hierdie omgewing diè keer baie  groot bevoordeel moet word. Beurt is beurt, daarom moet die SMMS’ in ander streke in Nama- kwaland eers ‘n slag terugstaan.”
 Intussen het die uitvoerende burgemeester van die Namakwa distriksmunisipaliteit op Springbok, Mervin Cloete, versoek dat hierdie distrik, asook plaaslike belangegroepe in gemeenskappe, groter verteenwoordiging op die raad van die NRWDI moet hê.
 * Sedert die middel tagtigs word slegs laegraadse kern-afval van Koeberg by Vaalputs geberg.