GEMSBOK-KAMIESBERG: Die Noord-Kaapse kantoor van die Departement van Water en Sanitasie (DWS) sal dringend moet optree teen Kamiesberg-munisipaliteit omdat hulle nie die storting van rou riool in die veld gestaak het nie.
Videobeeldmateriaal wat in Junie geneem is (sien skermskoot), wys hoe ‘n munisipale rioolvragmotor, wat oorkant die pad geparkeer is, die inhoud daarvan in ‘n pyplyn vrystel wat deur die veld na die rioolaanleg loop.
Nadat die beeldmateriaal gedeel is en deur die Munisipale Bestuurder (MM), Rufus Beukes, in kennis gestel is dat hy werkers opdrag gegee het om die saak aan te spreek en dat hy ‘n skoonmaak van die gebied gereël het, lek die pyplyn steeds, wat verdere storting in die veld veroorsaak.
Geen haan het egter nog verder hieroor gekraai nie.
Hommeltuig-beeldmateriaal van die Koingnaas-afvalwaterbehandelingsaanlegte wys verder hoe rioolpoele steeds in die omliggende gebied ophoop, wat die voortdurende toestand van die rioolaanleg beklemtoon.
Dit is ten spyte van ‘n aanbeveling van mnr. M Prince, die destydse omgewingsgesondheidspraktisyn by die Namakwa-distriksmunisipa- liteit, gedateer 19 April 2022, dat alle huishoudelike afvalwater, inslui- tend rou riool, na die naaste rioolbehandelingsaanleg vervoer moet word - om onwettige storting te voorkom en die omgewing te beskerm.
Die Hooggeregshof-uitspraak in die saak van Koingnaas Belas- tingbetalersvereniging vs Kamiesberg Munisipaliteit (Saaknommer: 2609/2021) versterk ook die munisipaliteit se grondwetlike verpligting om funksionele water- en sanitasiestelsels te handhaaf, insluitend afvalverwydering en omgewingsbeskerming.
Die munisipaliteit toon steeds minagting vir die wet, en vir oproepe om gebreekte rioolinfrastruktuur onmiddellik te herstel en die implementering van behoorlike afvalverwyderingspraktyke te verseker. Rolspelers het dus ‘n formele versoek aan DWS gerig om spoedig ondersoek in te stel en stappe te doen om munisipale nakoming af te dwing.