Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-SPRINGBOK: Nadat families in Namakwaland  vir byna drie dekades moes wag, het hulle nou eienaarskap op verlore grond.
 Dit is ongeveer 610 000ha grond wat hulle voorheen deur apartheid verloor het. Hiervoor het hulle vir jare gestry en baklei om dit terug te kry.
 Vrydag was dit op Springbok die ene blink ogies en traan-tjies toe die Departement van Grondhervorming en Landelike ontwikkeling, verskeie titel-aktes aan Namakwalanders oorhandig het.


Die begunstigdes sluit in verkeie gemeenskaplike eiendomsverenigings (CPA’s) asook indiwiduele boere en families soos die Newmans en Cloetes. Hulle stuk grond (12 1632ha) staan bekend as die Tattie Newmangrond.
 Boetie Cloete woon op Nababeep en is getroud met ‘n begunstigde, Angie Cloete. Hy het opgewonde geseg:
 “Na byna dertig jaar van stryd is die Tattie Newman-begunstigdes oorweldig van blydskap om uiteindelik die titel-akte van die grond, wat tydens die pynlike jare van apartheid van hulle geneem is, te kan hou. 
 “Die lang en moeilike reis is gekenmerk deur geloof, volharding en opoffering. Vrydag het dit in oorwinning geëindig. Hierdie grond is meer as net grond en eiendom, want dit is die hart van ons erfenis. 
 “Terwyl ons terugdink aan die pad wat ons geloop het, kyk ons nou met hoop vorentoe om nuwe geleenthede te bou. Voorts wil ons ontwikkeling skep vir die geslagte wat sal volg, sodat hulle die vrugte pluk van ons stryd.”
 Die Cloetes en Newmans het hulle hartlike dank uitgespreek teenoor die Departement van Grondhervorming en minister, Mzwanele Nyhontso.  
 “Ons is bly vir sy ondersteuning. Hy het hierdie oomblik nie net moontlik gemaak nie, maar dit werklik betekenisvol gemaak, volgens Cloete.” 
 Nyhontso, het die vorige dag, Donderdag (28 Augustus) die oorhandiging in die Richtersveld gedoen waar ongeveer 30 9325 ha grond aan plaaslike gemeenskappe gedoen was. 
 Omdat hy hierna siek geword het, het die LUR vir same- werkende regering in die Noord-Kaap, Bentley Vass, vir hom op Springbok ingestaan. 
 Vass het grappig vertel dat die oumense nog praat van kaart en transport in plaas van titel-aktes.
 “Titel-aktes is n belangrike do kument wat opgepas en in die kluis gebêre moet word. Maar dit is ook een wat families kan omkrap.”
 Vass het gesê dat ons nooit dit wat in die verlede gebeur het, kan vergeet nie.
 “As die regering van die dag, wil ons kom vertel dat ons jammer is oor die verlede. Die minister het derhalwe, die titel-aktes vir die Nama Khoi-area sy prioriteit gemaak.”
 Na die seremonie het Jenny Swanepoel (née Cloete) as voorsitter van die Tattie Newman-familie vertel dat hulle borrel van vreugde.
“29 Augustus sal vir altyd in ons harte bly as ‘n geskiedkundige dag. Na 28 jaar het dit ‘n werklikheid geword. Ons sien nou uit vir die ontwikkeling, want dit sal ook tot voordeel van die groter Springbok wees.”
 Ander gemeenskappe wat gebaat het, was dié van Vioolsdrift, Concordia, Pella en Leliefontein.