Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-HARTSWATER: Die Vala Umgodi multi-dissiplinêre operasionele span, bestaande uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens, Roving-span, Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en Misdaadintelligensie het op Vrydag, 05 April 2024 ‘n geheime operasie in Hartswater en Pampierstad uitgevoer.
Inligting oor dwelms wat vermoedelik op geïdentifiseerde plekke in Hartswater- en Pampierstad-polisiegebiede verkoop word, is ontvang en die inligting is ontleed.
Die span het op die geïdentifiseerde liggings toegeslaan en beslag gelê op kristalmite in Pampierstad en mandrax-tablette in Hartswater.


Drie volwasse manspersone, twee Suid-Afrikaners en een Nigeriër is in Pampierstad gearresteer vir die besit van kristalmite en een vrou is in Hartswater gearresteer vir die besit van vermoedelik mandrax-tablette.
Die polisie het verder beslag gelê op geld wat vermoedelik opbrengs van misdaad is en het een 9 mm-pistool-speelgoedgeweer, een 9 mm-magasyn, drie leë ammunisie en een mes teruggekry.
Alle verdagtes sal binnekort in die Hartswater- en Pampierstad-landdroshof verskyn.
Die waarnemende provinsiale kommissaris, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, het die lede toegejuig vir hul samewerking in die bekamping van misdaad en het gemeenskapslede aangemoedig om enige kriminele aktiwiteite by die polisie aan te meld. 
Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word.