Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-KURUMAN: Die Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola en haar bestuur verwelkom die lewenslange tronkstraf wat deur die Mothibistad-streekhof aan die 43-jarige Obakeng Kopeledi opgelê is ná die verkragting van ‘n 11-jarige meisie in Kagung-dorpie, Kuruman op Saterdag, 5 Desember 2015.
Die hof het gehoor dat die slagoffer en haar broer flieks by die beskuldigde se woning gekyk het. 
Die beskuldigde het die broer versoek om ‘n paar items by ‘n snoepie te gaan koop.
Hy het die slagoffer herhaaldelik in die afwesigheid van haar broer verkrag

.
Die slagoffer het later haar beproewing aan haar suster oorgedra wat die voorval daarna by die polisie aangemeld het.
Die hof het Obakeng Kopeledi op Maan-dag, 08 April 2024 tot lewenslange tronkstraf gevonnis en opdrag gegee dat sy naam in die Nasionale Register vir Seksoortreders aangeteken word en hom onbevoeg ver-klaar om met kinders te werk en om ‘n vuurwapen te besit.
Luitenant-gene-raal Otola, het die ondersoekbeampte, speurkonstabel Lorato Badukane van die Kuruman-eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS) toegejuig vir die deeglike ondersoekwerk, wat verseker dat ge-regtigheid geskied vir slagoffers van GBVF.