GEMSBOK-POSTMASBURG: In die waterskaars streek van die Noord-Kaap-provinsie, is innoverende oplossings nodig vir betroubare watervoorsiening aan die omliggende gemeenskappe en besighede, veral die mynbedryf.
Omdat Kolomela-myn naby Postmasburg bo ‘n uitgebreide waterdraer geleë is, onttrek hul water vir veilige mynbou.
“Hierdie grondwater is van hoë gehalte, en ons stuur meer as 80% van ons totale ontwateringsvolume na die Vaal Gamagara-watervoorsieningskema.
“Dit ondersteun dorpe stroomaf, industriële gebruikers sowel as ons plaaslike gemeenskap in Tsantsabane.
“Sonder die water wat ons aan die streek verskaf, sou addisionele water behandel en uit die Vaalrivier gepomp moet word”, sê Hamilton Moswathupa, spesialis waterbestuur en hidrogeologie van Anglo American.
Hy noem dat ‘n waterdraer is deurlaatbare rots is wat grondwater bevat en kan oordra. Deur groot hoeveelhede grondwater te onttrek om droë mynboutoestande te skep, het die Kolomela-myn, wat ‘n operasionele uitdaging kan wees, in ‘n waardevolle gemeenskapshulpbron omskep, deur letterlik water uit ‘n rots te tap.
Water wat uit die Leeuwfontein-myn onttrek word, voorsien die myn van water vir operasionele gebruik. Dit is belangrik dat oortollige water dan na die Vaal Sentrale waterraad gekanaliseer word, wat dit na die Tsantsabane-munisipaliteit versprei – wat help om chroniese watertekorte in die streek aan te spreek.
Vir die Tsantsabane-munisipaliteit, wat Postmasburg insluit, word watervoorsieningsuitdagings vererger deur vinnige ekonomiese ontwikkeling en bevolkingsgroei wat verband hou met mynbouaktiwiteite.
“Die bykomende watervoorsiening van die myn maak so ‘n verskil vir die gemeenskappe wat hierdie water ontvang. Ons kan water aan al ons gemeenskapslede verskaf, wat ons in staat stel om ook te fokus op ander uitdagings waarmee ons gemeenskappe te kampe het,” sê Cindy Mathebola, watersuperintendent by die Tsantsabane-munisipaliteit.
Kolomela is ‘n blink voorbeeld van die positiewe invloed wat mynbou kan hê, en ons streef daarna om ons doel te vervul om mynbou te herontwerp om mense se lewens te verbeter,” sê Moswathupa.