GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR vir Samewerkende Regering, Menslike Nedersettings en Tradisionele Sake (COGHSTA) in die Noord-Kaap, mnr. Bentley Vass, het in ‘n persverklaring verlede week gesê hy neem kennis van en verwelkom die Munisipale oudit-uitkomste wat deur die ouditeur-generaal, mev. Tsakane Maluleke, vrygestel is, en die prestasie van die Noord-Kaapse munisipaliteite.
LUR Vass het die Frances Baard en Namakwa Distriksmunisipaliteite geluk gewens met die handhawing van hul skoon oudits, sedert die begin van die administratiewe termyn.
Verder het LUR Vass die Ga-Segonyana, Nama Khoi, en Joe Morolong Plaaslike Munisipaliteite geprys vir verbeterde uitkomste van die vorige jaar, en laasgenoemde geprys vir die verbetering van ‘n gekwalifiseerde ouditmening na ‘n lang geskiedenis van afgekeurde ouditmenings.
LUR Vass het gesê: “Ons verwelkom en neem kennis van die oudit-uitkomste vir die 2023 - 2024 finansiële jaar. Ons gelukwens die drie munisipaliteite wat hul oudit-uitkomste verbeter het, hoewel ses van die vorige jaar agteruitgegaan het, en drie munisipaliteite afgekeurde ouditmenings ontvang het.” Ons neem die Ouditeur-Generaal se kommentaar oor mislukkings in bestuur, gebrek aan verantwoordbaarheid en gevolge, en onvoldoende kapasiteit by munisipaliteite baie ernstig op.’’
’n Fokus op finansiële lewensvatbaarheid sal verbeterde dienslewering moontlik maak.
Die OG se waarneming dat ‘n bykomende vyf (16%) munisipale bestuurders in die provinsie aangestel is, wat effektief beteken dat die dryf-krag van die LUR Vass en die verbintenis wat van die vorige jaar gemaak is om te verseker dat vakante sleutelposisies op die leierskapsvlak van munisipaliteite gevul word, in ag geneem is.
LUR Vass het verder gesê: ‘’Ek stem saam met die Ouditeur-Generaal dat Rade moet verseker dat begrotings en diensleweringsplanne reageer op die behoeftes van die gemeenskap en monitering gedurende die jaar gebruik om te bevestig of die burgemeester en munisipale bestuurder korrektiewe stappe doen om swak prestasie aan te spreek. Ons gaan voort om bestuur te verbeter deur ‘n effektiewe verantwoordbaarheids ekosisteem en sal met alle munisipaliteite en belanghebbendes saamwerk om munisipale oudit-uitkomste te verbeter.’’
LUR Vass het alle munisipaliteite aangemoedig om die manier waarop belastingbetalers se geld bestee word, te verbeter, en dat die kultuur slegs sal verander sodra daar ‘n verandering is in die manier waarop amptenare gemonitor word, en die implementering van kragtige prosesse in plek om perso- neel in munisipaliteite aanspreeklik te hou.