POSTMASBURG: Itumeleng Dinku (52) het kortliks voor die Postmasburg-landdroshof verskyn op aanklagte van besit van vermoedelik onwettige ge-smelte goudstaaf.
Dinku is deur Postmasburg-SAPD-lede in hegtenis geneem nadat inligting ontvang is dat iemand ‘n goudstaaf by Mountanview in Postmasburg verkoop het.
Met hul aankoms by die geïdentifiseerde eiendom het die polisie ‘n swaar goudstaaf in die huis gevind.
Die verdagte het nie behoorlik verduidelik hoe hy die staaf in besit gekry het nie, en hy is onmiddellik in hegtenis geneem.
Die waarde van die goudstaaf word op ongeveer R10 miljoen rand geraam.
Die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoek het die ondersoek oorgeneem en die beskuldigde voor die hof gebring, en die saak is tot 7 Julie 2025 uitgestel vir ‘n formele borgtog-aansoek.
Op Dinsdag 24 Junie 2025 het die Upington Openbare Orde-polisie klopjagte in die Postmasburg-gebied uitgevoer waartydens een verdagte in hegtenis geneem is nadat hy in besit van tik, mandrax en dagga ter waarde van ongeveer R7 350,00 gevind is.