Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GROBLERSHOOP: Vrydag se bitter koue, was vir die voormalige munisipale bestuurder van die Kheis Plaaslike Munisipaliteit, mnr. Joseph Floyd Leeuw (58), nog kouer - nadat die Valke se ondersoekspan vir ernstige kommersiële misdaad, hom in yskoue boeie op ‘n J50 lasbrief gearresteer het.
Leeuw is in hegtenis geneem op bewerings van oortreding van Artikel 13A en verwante subartikels van die Pensioenfondswet 24 van 1956, met 30 aanklagte van die genoemde oortreding.
Die beskuldigde word daarvan beskuldig dat hy versuim het om pensioenaftrekkings van die tydperk Oktober 2019 tot Junie 2022 aan die Gekonsolideerde Aftree-pensioenfonds (CFR) oor te betaal


Die versuim om te betaal het gelei tot laatbetalingsrente wat tot R8 545 980 gestyg het.
Mnr. Leeuw het onmiddellik na sy inhegtenisneming kortliks voor die Groblers-hoop-landdroshof verskyn en die hof het hom op borgtog van R4000 vrygelaat en die saak sal weer op 5 Augustus 2025 voorkom.